Project Description

Is jy gediagnoseer met kanker?

Voel jy verslae, ontnugter en vrees jy die dood?

Is daar iets wat jy kan doen?

Ja, jy kan kom vir visualisasie terapie. Baie van ons glo dat om gesond te word is iets wat aan ons “gedoen” word. Ons moet net by die regte dokter uitkom en die sal ons gesond maak. Dit is waar, maar dit is ‘n deel van die proses. Jy kan ‘n belangrike rol speel in jou genesing. Ons het deel aan ons gesondheid deur ons gevoelens, houdings teenoor die lewe, ons geloof, ons oefening en dieet.

Visualisasie minimaliseer hoegenaamd nie die rol van die dokter en ander professionele gesondheidspersoneel wat betrokke is by ons gesondheid nie. Dit wil jou help om te kan doen wat jy kan om jou gesondheid terug te kry. Dit is belangrik om te besef jy kan ‘n rol speel in jou eie gesondheid. As jy aktief deelneem aan die proses kan jy jou lewensverwagting verleng en/of die kwaliteit van jou lewe verbeter.

Wat is visualisasie terapie?

Die proses hoe die pasiënt betrokke kan raak by sy eie gesondheid is deur visualisasie terapie. Dit beteken ‘n proses van ontspanning en dan die visualisering van die begeerde doelwit. Met ‘n kankerpasiënt sal die begeerde doelwit wees die behandeling (operasie, bestraling, chemoterapie) se effek om die kankerselle te vernietig en belangriker nog om die liggaam se natuurlike vermoë om dit teen te werk aan te wakker.

Siekte is nie net ‘n fisiese probleem nie maar is ‘n probleem van die hele persoon, dit sluit in die liggaam en gees. Visualisasie is deel van ‘n holistiese (liggaam/gees) benadering wat uitgaan van die standpunt dat die psigiese en fisiese saamwerk, in die hantering van kanker.

Wat is jou reaksie op die diagnose?

Hoe ons dink het ‘n direkte invloed op moontlike genesing of die beter hantering van die behandelingsterapie (bestraling, chemoterapie, operasie). Ons denke het ‘n invloed op ons genesing. Ons reageer met ons emosies en verstand op die lewe en op siekte. Ons reageer op goeie nuus en slegte nuus. Ons liggame reageer ook daarop. Daar is ‘n direkte gevolg tussen hoe ons emosioneel reageer op iets en hoe ons liggaam daarop reageer. Ons immuunstelsel word ook direk beïnvloed deur ons reaksie op ons emosies/gedagtes.

Ons immuunsisteem bestaan uit witbloedselle, wat die goeie selle is, wat die kankerselle moet beveg. As daar ‘n gedagte/emosie gekommunikeer word reageer ons witbloedselle daarop. Hierdie witbloedselle word deur ons emosies/gedagtes beïnvloed. Hoop en vrees het ‘n direkte invloed op ons immuunstelsel. Hoop, vreugde en liefde werk direk op die senuweestelsel in en skei hormone af wat ons goed laat voel en gesond kan maak. Jou geestesingesteldheid beïnvloed jou immuunsisteem wat weer ‘n invloed het teen die bevegting van siekte. Geloof in heling stimuleer die immuunsisteem en dit kan lei tot die genesing van die liggaam.

Gee hierdie metode nie vals hoop nie?

Nee. Die metode waarborg nie herstel van kanker nie. Dit gee hoop, help jou om die siekte beter te hanteer en verleng jou lewensverwagting. Die vraag na valse hoop suggereer dat mense geen hoop moet hê nie want daar is altyd ‘n kans dat hy/sy teleurgestel kan word. So ‘n geloof gee geen basis vir ‘n vervulde lewe of om die vrees van die bedreiging van ‘n lewe te hanteer nie. Ons trou met geen waarborg dat die huwelik gelukkig sal wees nie. Maar as ons trou met die gedagte dat die huwelik sal misluk, verhoog dit die kans dat dit sal misluk.

Nee. Die metode waarborg nie herstel van kanker nie. Dit gee hoop, help jou om die siekte beter te hanteer en verleng jou lewensverwagting. Die vraag na valse hoop suggereer dat mense geen hoop moet hê nie want daar is altyd ‘n kans dat hy/sy teleurgestel kan word. So ‘n geloof gee geen basis vir ‘n vervulde lewe of om die vrees van die bedreiging van ‘n lewe te hanteer nie. Ons trou met geen waarborg dat die huwelik gelukkig sal wees nie. Maar as ons trou met die gedagte dat die huwelik sal misluk, verhoog dit die kans dat dit sal misluk.

KONTAK BESONDERHEDE

ONTMOET DR. GRETHA HEYMANS

Dr. Gretha bied hulp aan mense wat sukkel met ‘n verskeidenheid van kwessies, insluitende depressie, spanning, of krisisse van die geloof, seksuele molestering, huwelik-, en gesinsprobleme en ‘n verskeidenheid van ander probleme.

DR. GRETHA HEYMANS
DR. GRETHA HEYMANSTERAPEUT
Dr. Heymans het verskeie grade in Teologie en ‘n meesters en doktors graad in Pastorale Terapie berader. B.A. (UOVS), B.Th (UOVS), NDT (UOVS), M.Th (UOVS), Ph.D (UOVS).

KONTAK MY

Komtak my gerus vir enige navrae of om n afspraak te maak.

Aanlyn berading beskikbaar